Die profeet
| |
---|---|
Skrywer | Kahlil Gibran |
Omslagontwerper | Kahlil Gibran |
Land | Verenigde State |
Taal | Engels |
Genre | Prosa |
Uitgewer | Alfred A. Knopf |
Uitgegee | 1923 |
Medium | Druk (Gebind in hardeband) |
Bladsye | 107 |
Vervolg | Die tuin van die profeet |
Die profeet is 'n boek met 26 prosa-poëtiese fabels geskryf in Engels deur die Libanees-Amerikaanse digter en skrywer Kahlil Gibran. Dit is oorspronklik in 1923 gepubliseer deur Alfred A. Knopf. Dit is Gibran se bekendste werk. Die profeet is in meer as 100 verskillende tale vertaal (insluitende Afrikaans), wat dit een van die mees vertaalde boeke in die geskiedenis maak. Dit was nog nooit uit druk uit nie.